1. Jong vriend, luister nou baie mooi na my goeie raad.
2. Leer uit my ervaring sodat jy reg kan leef en met insig kan praat.
3. Pas op vir die los vrou. Aan die begin is haar woorde so soet en aanloklik soos heuning. Met haar mooiklinkende praatjies wil sy jou vir haarself inpalm.
16-17. Moet dit nooit met vreemdes deel nie. Geniet die vrou van jou jeug. Laat sy jou verkwik, haar liefde jou vol vreugde maak.
18-20. En as jy soveel vreugde by jou eie vrou geniet, waarom nog die omhelsing van ’n los vrou soek? Wat kan sy jou gee wat jou eie vrou nie kan nie?