5. Elke woord van die Here is waar. Jy kan daarop reken. Wie by Hom wegkruip, is veilig. Hy beskerm elkeen.
6. Moenie die Here se woorde verdraai of verkeerd uitlê nie. Hy sal jou straf en die mense sal nie meer na jou luister nie.
7. Here, daar is twee dinge wat ek van U vra. Twee dinge wat ek graag in hierdie lewe wil hê:
8. laat my nie ’n vals mens wees nie, laat ek nie ander belieg en bedrieg nie. Laat my nie ryk of arm wees nie. Gee U my net wat ek elke dag nodig het