Spreuke 30:28-33 Die Boodskap (DB)

28. akkedisse is so klein, jy kan hulle sommer met jou hand optel, maar hulle weet presies hoe om in die duurste huise van die rykste mense te kom.

29. Daar is drie dinge wat indruk maak, vier wat ’n mens altyd sal onthou:

30. die leeu wat oor die diereryk heers en vir niemand terugstaan nie;

31. die haan wat triomfantlik oor die henne heers; die ram aan die voorpunt van sy trop; die koning wat sy troepe uitlei.

32. As jy so dom was om groot te praat of verkeerde dinge te beplan, hou dan dadelik daarmee op.

33. So seker as wat ’n mens melk skud en dit botter word, iemand op die neus slaan en dit begin bloei, iemand kwaad maak en daar rusie ontstaan, net so seker kom jy in die moeilikheid as jy nie jou domheid los nie.

Spreuke 30