Rigters 3:4-8 Die Boodskap (DB)

4. Hulle is met rus gelaat om te sien of die Israeliete die Here se bevele wat Hy deur Moses aan hulle voorouers gegee het, sou gehoorsaam.

5. So het dit gebeur dat die Israeliete tussen die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete gebly het.

6. Later het daar ondertrouery tussen die Israeliete en hierdie nasies plaasgevind. Toe het die Israeliete hierdie nasies se gode begin dien.

7. Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here niks gehou het nie. Hulle het die Here hulle God vergeet en die afgodsbeelde van Baäl en die heilige pale van Asjera aanbid.

8. Hieroor was die Here kwaad vir Israel. Daarom het Hy hulle agt jaar lank in koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië se mag oorgegee.

Rigters 3