Rigters 12:3-6 Die Boodskap (DB)

3. Toe ek sien niemand daag op nie, het ek my lewe gewaag en alleen teen hulle gaan veg, en die Here het toe aan my die oorwinning gegee. Hoekom wil julle nou teen my kom oorlog maak?”

4. Die leiers van Efraim sê toe vir hom: “Julle spul in Gilead is in elk geval niks anders as ’n klomp weglopers uit Efraim en Manasse nie.” Jefta het toe sy soldate uit Gilead bymekaargemaak en teen Efraim oorlog gemaak en hulle verslaan.

5. Die soldate van Gilead het al die driwwe van die Jordaanrivier beset om te keer dat die soldate van Efraim kon terugvlug. As daar dan ’n Efraimitiese vlugteling aankom en vra om deurgelaat te word, het hulle vir hom gevra: “Kom jy van Efraim af?” As die persoon dan sê: “Nee, beslis nie,”

6. het hulle vir hom gevra om die woord “Sjibbolet” uit te spreek. Die mense van Efraim kon nie die woord reg uitspreek nie en het “Sibbolet” gesê. As hy dit dan verkeerd uitspreek, het hulle die persoon gevat en hom net daar in die Jordaanrivier doodgemaak. In hierdie tyd het hulle 42 000 soldate van Efraim doodgemaak.

Rigters 12