1. Die stam van Efraim het sy weermag op die been gebring en oor die Jordaanrivier na Safon toe getrek. Daar aangekom, het hulle vir Jefta gesê: “Waarom het jy alleen teen die Ammoniete gaan veg en ons nie ook gevra om jou te help nie? Nou gaan ons jou huis bo jou kop afbrand!”
2. Toe sê Jefta: “Ek en my soldate was in ’n bloedige stryd met die Ammoniete gewikkel. Ek het julle laat roep, maar julle het nie opgedaag om my te help nie.
3. Toe ek sien niemand daag op nie, het ek my lewe gewaag en alleen teen hulle gaan veg, en die Here het toe aan my die oorwinning gegee. Hoekom wil julle nou teen my kom oorlog maak?”