4-5. Met die Here se krag het hulle die Kanaäniete en die Feresiete verslaan. By Besek het hulle teen koning Adoni-Besek geveg en 10 000 van sy soldate doodgemaak.
6. Hy het probeer ontsnap, maar hulle het hom agternagesit. Toe hulle hom vang, het hulle sy duime en sy groottone afgesny.
7. Hy sê toe: “Nou het God my my verdiende loon laat kry, want ek het self 70 ander konings se duime en groottone laat afsny en hulle soos honde behandel. Hulle moes onder my tafel sit en staatmaak op die stukkies kos wat ek vir hulle laat val het.” Hulle het hom Jerusalem toe gevat, waar hy later dood is.
8. Juda het Jerusalem aangeval en dit verower. Hulle het al die inwoners doodgemaak en die stad aan die brand gesteek.