Psalms 52:9-11 Die Boodskap (DB)

9. “Kyk wat gebeur met iemand wat sonder God wil leef.Hy het gedink geld kan vir hom alles koop.Hy het sterk geword deur ander te vernietig.”

10. Maar ek is by God. Daar is ek soos ’n boom wat welig groei.Ek weet God sal altyd na my omsien. Hy sal vir my sorg.

11. Ek sal altyd vir U met my hele hart dankie sê vir alles wat U vir my doen.U is so wonderlik goed vir my.Saam met u kinders sal ek U loof.

Psalms 52