Psalms 48:2-4 Die Boodskap (DB)

2. Groot is die Here! Hoe geweldig baie beteken Hy nie vir ons nie!Ons wil Hom maar net loof, hier in sy stad op die berg.

3. Hoog teen die berg lê die stad. Dit maak almal op aarde sommer bly.Dit is die stad in die noorde. Daar bly die groot Heerser oor alles.

4. Die stad het sterk mure, maar God is eintlik die Een wat dit regtig beskerm.

Psalms 48