Psalms 39:2-6 Die Boodskap (DB)

2. Ek het gedink dat ek baie goed moet kyk hoe ek leef,want ek wil nie verkeerde dinge sê en so sonde doen nie.Voordat ek praat, sal ek eers mooi dink wat ek sê.As ek naby ongelowiges is, moet ek nog versigtiger wees as ek praat.

3. Ek het my mond gehou en nie ’n woord gesê nie.Maar toe ek so stilbly sonder om te praat oor die goeie, het my hartseer net al hoe groter geword.

4. Later kon ek dit nie meer uithou nie.Binne-in my het dit soos ’n vuur gebrand.Toe het ek tog gepraat.

5. Ek het vir die Here gevra: Hoe lank sal ek nog leef? Hoe kort gaan my lewe wees?Ek wil weet hoeveel tyd ek nog oorhet! Wanneer kom my einde?

6. Here, U gee my maar ’n kort lewe.In u oë is ’n mens se lewe amper niks. Ons gaan so gou dood.

Psalms 39