5. Daarom bly ek weg van mense wat net slegte dinge doen en U nie dien nie.Ek haat alles wat hulle doen! Hulle leef sonder U.
6. Here, ek is onskuldig. Ek was my hande in onskuld.My lewe is skoon.Ek wil U vol blydskap dien. Ek loop na die plek waar mense U dien.
7. Saam met u ander kinders wil ek U loof.Ek wil praat oor al die wonderlike dinge wat U in my lewe gedoen het.
8. Ek gaan graag kerk toe; daar beleef ek saam met ander gelowiges u grootheid op ’n ongelooflike manier. Ek is lief vir u teenwoordigheid.