Openbaring 21:23-26 Die Boodskap (DB)

23. Daar was ook nie meer ’n son of maan nodig om lig te gee nie. Die grootheid en heerlikheid van God self het die stad verlig. Ja, die Lam was soos ’n helder lig in die stad.

24. Al die mense van die wêreld sal in die lig kan kom leef. Die leiers en heersers van die wêreld sal kom en so wys hoe groot en belangrik die stad regtig is.

25. Die poorte sal nooit toegemaak word nie. Of anders gestel: dit sal die hele dag lank oop bly. Omdat God se lig daar is, word dit nooit nag nie. Niemand buite die stad sal geëer word nie.

26. Almal wat roem of eer werd is, sal na die stad toe kom. Wat die moeite werd is om te eer, sal ’n mens in die stad kry.

Openbaring 21