1. Toe ek weer sien, kom daar ’n engel uit die hemel. Dié engel was nou vir jou sterk. ’n Mens kon die engel nie so mooi sien nie, want hy het in ’n wolk gestaan met ’n reënboog bo-oor sy kop. Hy was sterk en getrou ook. As jy na sy gesig gekyk het, was dit net of ’n mens reg in die son inkyk. Sy bene het gelyk soos pilare van vuur.
2. In sy hand het hy ’n klein boekie gehou wat oop was. Hy gaan toe wydsbeen met sy regtervoet op die see en sy linkervoet op die land staan
3. en skreeu kliphard. Dit het geklink soos ’n leeu wat brul.