Numeri 8:5-10 Die Boodskap (DB)

5. Die Here het weer met Moses gepraat en vir hom gesê:

6. “Sit die Leviete opsy, weg van die res van die Israeliete af. Maak hulle rein om My te kan dien.

7. Doen dit op die volgende manier: gooi water oor hulle as ’n teken dat hulle sonde van hulle afgewas word. Verder moet hulle ’n skeermes vat en al hulle liggaamshare afskeer en hulle klere skoon was. Dan kan hulle skoon voor My staan, gereed om vir My te werk.

8. Daarna moet hulle ’n jong bul as offer slag saam met die graanoffer van fynmeel wat met olie gemeng is wat daarby hoort. Slag en offer ook ’n tweede jong bul vir hulle as ’n offer vir hulle sonde.

9. Roep dan al die Israeliete bymekaar en laat die Leviete voor die ingang van die tent staan waar Ek aanbid word.

10. Wanneer jy die Leviete so voor My, die Here, gebring het, moet die Israeliete hulle hande op die Leviete lê.

Numeri 8