Numeri 8:22-26 Die Boodskap (DB)

22. Die Leviete het van toe af onder leiding van Aäron en sy seuns hulle werk gedoen in die tent waar die Here aanbid word. So het hulle al die Here se opdragte aangaande die Leviete gehoorsaam.

23. Die Here het ook vir Moses gesê:

24. “Die Leviete moet die volgende reël streng nakom: hulle mag eers op die ouderdom van 25 jaar begin werk in die tent waar Ek aanbid word,

25. en hulle moet op die ouderdom van 50 aftree.

26. Na hulle aftrede mag hulle die Leviete met die dienswerk by die tent help, maar hulle mag dan nie meer self enige dienste verrig nie. Dit is hoe jy die Leviete se dienstyd moet bepaal.”

Numeri 8