1. Die Here sê toe vir Moses:
2. “Sê vir Aäron hy moet die kandelaar so opstel dat die sewe lampe se lig almal vorentoe skyn.”
3. Aäron het gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hy het die kandelaar so neergesit dat al die lampe se lig vorentoe geskyn het.
16-18. “In die plek van al die eersgebore seuns van die Israeliete het Ek nou die Leviete op ’n spesiale manier vir Myself gevat. Toe Ek al die eersgebore kinders van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek elke oudste kind in Israel, mense en diere ingesluit, as my eiendom opgeëis. In plaas daarvan dat Ek al die eersgebore kinders vir My vat, behoort die Leviete van nou af aan My.