Numeri 5:21-22-31 Die Boodskap (DB)

3. Dit geld vir sowel mans as vroue. Stuur hulle uit die kamp uit sodat hulle nie die kamp waar Ek by julle is, onrein maak nie.”

4. Die Israeliete het toe die Here se opdrag uitgevoer en al hierdie mense uit die kamp weggestuur.

5. Die Here het toe vir Moses gesê:

6. “Wanneer ’n man of ’n vrou enige sonde doen waarmee hulle ontrou aan die Here is,

7. moet die skuldige persoon sy skuld bely. Verder moet die volle bedrag vir die skade wat die onskuldige gely het, plus ’n verdere twintig persent as skadevergoeding aan daardie persoon terugbetaal word.

8. As die persoon wat skade gely het, reeds dood is en nie ander familie het aan wie die skuld betaal kan word nie, behoort die geld aan die Here. Hierdie bedrag moet saam met die ram, wat geoffer moet word as bewys dat die skuldige jammer is oor sy sondes, aan die priester gegee word.

9. “Al die offers wat die Israeliete na die priester toe bring vir die diens aan die Here, behoort aan die priester. Dit dien as sy inkomste waarvan hy moet leef.

21-22. mag die Here dan maak dat jou eie mense jou sal haat en verwerp. Mag jy dan nooit weer kinders hê nie sodat almal kan sien dat die Here se straf op jou rus. As jy skuldig is, mag hierdie water jou vir altyd onvrugbaar maak wanneer jy dit drink.“Hierop moet die vrou die priester dan antwoord: Dit is goed so. Laat dit alles presies net so gebeur.”

23. “Die priester moet hierdie vloeke op ’n stukkie leer neerskryf en dit in die bak met die bitter water afwas.

24. Dan moet hy die vrou van die bitter water laat drink sodat dit kan uitwys of sy skuldig is of nie.

25. Daarna moet die priester die offer by haar vat, dit aan die Here opdra en dit by die altaar neersit.

26. Dan moet hy ’n hand vol van die offer, wat eintlik ’n simbool vir die hele offer is, vat en dit op die altaar verbrand. Daarna moet hy die vrou die res van die water laat drink.

27. As sy ontrou was aan haar man, sal die water haar baie siek laat word. Haar maag sal opswel, en sy sal nie weer kinders kan hê nie. Haar mense sal haar verag en verstoot.

28. Maar as sy nie ontrou was aan haar man nie, sal haar onskuld bewys word. Dan sal sy weer babas verwag.

29. “Hierdie prosedure moet gevolg word wanneer ’n man sy vrou nie vertrou nie. As ’n vrou ontrou was aan haar man en by iemand anders geslaap het,

30. of as ’n man sy vrou van ontrou verdink, moet hy haar bring sodat sy voor die altaar in die teenwoordigheid van die Here kan staan en die priester hierdie ritueel kan uitvoer.

31. As die vrou skuldig is, sal sy die gevolge van haar daad moet dra. Die man is in sulke gevalle onskuldig.”

Numeri 5