Numeri 36:6-9 Die Boodskap (DB)

6. Daarom is hierdie my beslissing: die dogters van Selofgad is vry om te trou met wie hulle wil, solank die persoon in hulle eie stam is.

7. Die grond van een stam mag nie aan ’n ander stam oorgedra word nie. Dit bly die stam s’n vir altyd.

8. Enige dogter wat grond van haar pa erf, mag slegs met iemand uit haar eie stam trou. Op dié manier sal die stam se grond in die stam bly sonder dat een stam iets van ’n ander stam kan vat.

9. Elke stam moet die grond wat hy by die Here gekry het, goed oppas.”

Numeri 36