1. Hier volg ’n opsomming van die Israeliete se kampplekke nadat hulle onder Moses en Aäron se bevel uit Egipte getrek het.
2. Soos die Here vir Moses gesê het, moes hulle elke plek waar hulle gekamp het, se naam neerskryf. Die trek het so verloop:
3-4. Die Israeliete het die oggend na die heel eerste paasfees vroeg in die lente van die stad Rameses in Egipte af weggetrek. Die Egiptenaars was nog besig om hulle kinders te begrawe wat in die groot wonderwerk wat die Here daar gedoen het, dood is. Hulle kon niks anders doen nie as om maar net te kyk hoe die Israeliete wegtrek. Die Here het hulle laat wegtrek, want met die laaste wonder het Hy finaal al die gode van Egipte op hulle plek gesit.
10. Van Elim af is hulle na die Rietsee toe waar hulle weer kamp opgeslaan het.
11. Hulle het die Rietsee verlaat en later in die Sinwoestyn kamp opgeslaan.
12. Hiervandaan is hulle na Dofka toe.
13. Daarna is hulle na Alus toe en van daar af
14. na Refidim toe. Dit is waar daar nie drinkwater vir die volk was nie.
15. Hulle het toe van Refidim af na die Sinaiwoestyn getrek.
16. Hierna het die Israeliete op die volgende plekke oorgebly: Kibrot-Taäwa,
17. Gaserot,
18. Ritma,
19. Rimmon-Peres,
20. Libna,
21. Rissa,
22. Kehelata,
23. Har-Sefer,
24. Garada,
25. Makhelot,
26. Tagat,
27. Terag,
28. Mitka,
29. Gasmona,