Numeri 23:4-11 Die Boodskap (DB)

4. Daar het God hom ingewag. Bileam sê toe vir God: “Ek het sewe altare laat bou en op elkeen ’n bul en ’n ram geoffer.”

5. Die Here sê toe vir hom: “Gaan nou terug na Balak toe en gee vir hom hierdie boodskap van My af.”

6. Toe Bileam by Balak aankom, het hy en al die amptenare van Moab nog steeds by die brandoffers gestaan.

7. Toe sê Bileam vir hulle: “Balak het my van Aram af laat kom. Die koning van Moab het my van die berge van die ooste af laat haal. ‘Kom vervloek Jakob,’ het hy gesê. ‘Kondig ’n ramp aan oor Israel.’

8. Maar hoe kan ek mense vervloek wat God nie vervloek nie? Hoe kan ek ’n ramp aankondig as die Here dit nie aangekondig het nie?

9. Hier van die bergtop af kyk ek af op Israel. Ek sien ’n volk wat op hulle eie woon, weg van die ander nasies af.

10. “Wie kan Jakob se kinders en kleinkinders tel? Hulle is ontelbaar. Wie kan probeer om selfs ’n kwart van Israel se mense te tel? Dis heeltemal onmoontlik. “Ek wens ek kan eendag doodgaan as iemand wat gedoen het wat God vra. Mag my lewe soos hierdie volk s’n eindig.”

11. Toe vra Balak vir Bileam: “Wat het jy aangevang? Ek het jou hiernatoe laat kom om my vyande te vervloek, en nou kom jy en jy wens hulle voorspoed toe!”

Numeri 23