Nehemia 9:20-25 Die Boodskap (DB)

20. In u oorvloedige goedheid het U u goeie Gees gestuur om hulle te leer wat U van hulle verwag;U het nie die manna van hulle teruggehou nie,en as hulle dors was, het U vir hulle water gegee.

21. Veertig jaar lank het U hulle in die woestyn opgepas. Hulle het nooit iets nodig gehad nie.Hulle klere het nie oud geword nie,hulle voete het nie eens opgeswel van die baie loop nie.

22. U het hulle gehelp om magtige ryke en nasies te oorwin wat aan hulle eie gebied gegrens het. Hulle het ook koning Gesbon se land, Sihon, en koning Og se land, Basan, oorgeneem.

23. U het hulle net soveel kinders gegee as wat daar sterre aan die hemel is. U het die land wat U aan hulle ouers belowe het, vir hulle gegee om in te bly.

24. Hulle kinders het die land ingeneem. U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, die knie laat buig voor hulle. U het hulle mag gegee oor die konings en die volk van die land sodat hulle met hulle kon doen net wat hulle wou.

25. Hulle het die stede wat deur dik mure omring is, ingeneem en die vrugbare grond vir hulle gevat.Hulle het huise vol van die mooiste goed vir hulleself gevat.Die putte was klaar gegrawe;daar was volop wingerde, olyfboorde en vrugtebome. Die Israeliete het meer as genoeg kos gehad om te eet; hulle was later spekvet.U het hulle oorlaai met u goedheid.

Nehemia 9