6. Ek was baie omgekrap toe ek al hierdie dinge hoor.
7. Nadat ek lank nagedink het, het ek besluit om met die ryk mense en die leiers te raas. “Julle buit julle mense uit!” het ek vir hulle gesê. Toe het ek ’n openbare volksvergadering belê om oor die probleem te praat
8. en vir hulle gesê: “Ons probeer ons bes om ons Judese volksgenote wat as slawe aan heidennasies verkoop is, terug te kry sodat hulle weer vry kan wees. En nou doen julle presies dieselfde en dit nogal met julle eie mense! Verwag julle dat ons hulle ook nou moet terugkoop?” Niemand het ’n woord gesê nie, want hulle het niks gehad waarmee hulle hulle kon verdedig nie.
9. “Dit is ’n onding wat julle doen!” het ek vir hulle gesê. “Julle is veronderstel om met groot respek teenoor julle God op te tree. Dan sal ons vyande, daardie mense wat nie die Here ken nie, geen rede hê om neer te sien op ons nie.
10. Ek en al my helpers het aan hierdie arm mense geld en koring geleen,” het ek verder gesê. “Kom ons hou nou dadelik op om mense uit te buit wat swaarkry.