Markus 3:32-35 Die Boodskap (DB)

32. Die mense het om Jesus gesit toe hulle Hom kom roep. “Jou ma en broers wag hier buite vir jou,” sê hulle.

33. Jesus sê toe: “Wie is regtig my ma en broers?”

34. Hy kyk toe na die mense wat om Hom sit en sê: “Hier is my regte familie.

35. “Elkeen wat doen wat God van hom verwag, is deel van my familie. Hulle is regtig my broer, my suster, my ma.”

Markus 3