34. Toe skree Jesus hard: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” oftewel: “My God, my God, waarom het U My alleen gelaat?”
35. Van die omstanders het Jesus gehoor en gesê: “Luister, hy roep Elia.”
36. Een van hulle bring toe vinnig ’n spons wat in wyn gedruk is. Hy sit die spons op ’n stok sodat Jesus kon drink en sê: “Los hom nou uit sodat ons kan sien wat gaan gebeur. Miskien kom haal Elia hom van die kruis af.”
37. Al wat gebeur het, was dat Jesus hard geskree het en dood is.
38. Net toe het die groot gordyn wat in die tempel gehang het van bo na onder in twee geskeur.
39. ’n Bevelvoerder van die Romeinse soldate het reg voor die kruis gestaan. Hy het gehoor hoe Jesus skree en het gesien hoe Hy dood is. “Hierdie man was sowaar die Seun van God,” was al wat hy gesê het.