43. Een van die dae sal jou vyande hulle hier om die stad kom ingrawe.
44. Hulle sal jou omsingel en al jou inwoners doodmaak. G’n kind of kraai sal oorbly nie. Ja, hierdie hele stad sal met die grond gelykgemaak word. Dis jou straf omdat jy jou rug vir My gedraai het. Ja, dié dag toe Ek by jou besoek kom aflê het, wou jy My nie ontvang nie.”
45. In Jerusalem is Jesus reguit tempel toe. Langs die groot tempelgebou was daar ’n groot, oop plein. Hier op die tempelplein is offerdiere aan die mense verkoop wat nie self diere by hulle gehad het nie.
46. Jesus het skielik begin om al die handelaars weg te jaag. Hy sê toe: “Gaan lees wat in die Skrif staan:‘Mense moet My kom aanbid hier in my huis. Julle het dit egter die bymekaarkomplek van ’n klomp skelms gemaak.’”