Klaagliedere 2:21-22 Die Boodskap (DB)

21. Buite op die grond lê daar jonges en oues wat dood is. Die jonges is met die swaard doodgemaak. Die dag toe U kwaad geword het, het U hulle doodgemaak. U het hulle sonder genade soos diere geslag.

22. U het van oral af my vyande geroep asof dit ’n fees was waarvoor hulle moes kom. Die dag toe die Here sy woede losgelaat het, het niemand dit reggekry om te ontsnap nie. Die vyand het my kinders doodgemaak wat ek met soveel liefde grootgemaak het.

Klaagliedere 2