39. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Naftali se families as erfdeel gekry het.
40. Die sewende en laaste stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Dan.
41. Hulle grondgebied het die volgende stede ingesluit: Sora, Estaol, Ir-Semes,
42. Saälbim, Ajalon, Jitla,
43. Elon, Timna, Ekron,
44. Elteke, Gibbeton, Baälat,
45. Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon,
46. Me-Jarkon, Rakkon, asook die gebied regoor Joppe.
47. Toe die mense van Dan van hulle grond af verdryf is, het hulle Lesem aangeval, die inwoners doodgemaak en die stad oorgeneem. Nadat hulle hulle daarin gevestig het, het hulle die stad se naam verander na Dan ter ere van hulle voorvader Dan.
48. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Dan se families as erfdeel gekry het.