Josua 18:15-28 Die Boodskap (DB)

15. Die suidelike grens van Benjamin het by Kirjat-Jearim begin, van waar dit weswaarts afgeloop het in die rigting van Neftoag se waterbronne.

16. Dan af na die voet van die berg wat uitkyk oor die vallei van Ben-Hinnom aan die noordekant van die vallei van Refaïm. Van daar af gaan dit af met die Hinnomvallei tot teen die hang suid van die stad van die Jebusiete tot by En-Rogel.

17. Hier draai die grens weer noord in die rigting van En-Semes totdat dit uitkom by Gelilot, regoor die pas van Adummim. Hiervandaan gaan dit af in die rigting van die gedenkklip van Bohan die seun van Ruben.

18. Dan loop die grens noord van die hang wat oor die Jordaanvallei uitkyk verby en dan af in die Jordaanvallei,

19. verby die noordelike hang van Bet-Gogla, totdat dit doodloop by die noordelike punt van die Dooie See waar die Jordaan in dié see invloei.

20. Die oostelike grens is die Jordaan. Dit is die grense van die gebied wat aan die families van die stam van Benjamin behoort het.

21. Die stede wat aan die families in die stam van Benjamin behoort het, is Jerigo, Bet-Gogla, Kesisdal,

22. Bet-Araba, Semarajim, Bet-El,

23. Awwim, Para, Ofra,

24. Kefar-Ammoni, Ofni en Geba, twaalf stede met hulle omliggende dorpe,

25. asook Gibeon, Rama, Beërot,

26. Mispa, Kefira, Mosa,

27. Rekem, Jirpeël, Tarala,

28. Sela, Elef, die stad van die Jebusiete, dit is Jerusalem, Gibea en Kirjat, altesaam veertien stede met hulle omliggende dorpe. Dit is die stede en die gebied wat die families van Benjamin se stam geërf het.

Josua 18