Johannes 4:39-41 Die Boodskap (DB)

39. Baie Samaritane uit daardie dorp het in Jesus geglo. Die vrou het mos aan hulle vertel dat Jesus alles van haar geweet het. Dit het hulle oortuig.

40. Die Samaritane is toe na Jesus toe. Hulle het by Hom aangehou om by hulle te kom oorbly. Jesus het toe twee dae daar by hulle gebly. In die twee dae het Jesus verder met hulle gesels.

41. Die gevolg was dat baie meer van hulle sy vriende geword het.

Johannes 4