3-4. ’n Mens kan deur Samaria na Galilea toe gaan.
26. Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die Redder, die Messias, wat nou met jou praat.”
27. Net toe kom sy dissipels daar aan. Hulle was nogal verbaas toe hulle Jesus met die vrou sien gesels, maar het nie ’n woord gesê nie. Nie een het eens vir haar gevra: “Wat soek jy?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie.
28. Die vrou is toe terug dorp toe, sonder haar waterkruik. “Kom gou!” het sy die mense geroep. “Ek het ’n vreemde man raakgeloop wat my hele lewensverhaal vir my vertel het.
29. Kom kyk, is Hy nie dalk die Christus nie?”
30. Die mense het nie op hulle laat wag nie, maar is inderhaas uit die dorp uit na Hom toe.
31. By die put het die dissipels intussen vir Hom gesê: “Rabbi, U moet iets eet.”
32. Sy antwoord was: “Ek het my eie kos waarvan julle nie eens weet nie.”
33. Die dissipels bespiegel toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk intussen vir Hom iets gebring om te eet?”
34. Jesus help hulle toe reg: “Weet julle wat is vir My soos kos? Dít: om presies te doen wat God wat My gestuur het, wil hê Ek moet doen. Alles wat Hy wil hê Ek moet doen, wil Ek klaarmaak. Wanneer Ek dit doen, voel Ek ‘versadig’, net soos iemand wat lekker geëet het.