Johannes 4:2-6 Die Boodskap (DB)

2. (Eintlik het Jesus nie self gedoop nie. Sy volgelinge het dit namens Hom gedoen.)

3-4. ’n Mens kan deur Samaria na Galilea toe gaan.

5. Op pad het Jesus besluit om by Sigar in Samaria te gaan rus. Sigar het naby die stuk grond gelê wat Jakob destyds aan sy seun Josef gegee het.

6. Dit was juis ook die plek waar ’n put oor die fontein van Jakob gebou is. Jesus het sommer by die put gaan uitspan, moeg van die lang pad. Dit was omtrent twaalfuur die middag.

Johannes 4