1. Jesus het geweet dat die Fariseërs gehoor het dat Hy gewild begin raak het en dat Hy meer mense doop as Johannes. Daarom is Hy weer van Judea af terug Galilea toe.
2. (Eintlik het Jesus nie self gedoop nie. Sy volgelinge het dit namens Hom gedoen.)
3-4. ’n Mens kan deur Samaria na Galilea toe gaan.
5. Op pad het Jesus besluit om by Sigar in Samaria te gaan rus. Sigar het naby die stuk grond gelê wat Jakob destyds aan sy seun Josef gegee het.