Johannes 3:30-35 Die Boodskap (DB)

30. Hy moet al hoe meer in die kalklig staan terwyl ek stadigaan van die toneel moet verdwyn. So moet en sal dit wees!”

31. “Jesus wat van bo af kom, staan kop en skouers bo almal uit. Iemand wat sommer as ’n mens hier op aarde gebore is, bly maar aards. Hy kan ook maar net oor aardse dinge praat. Sulke mense kan nie naastenby vergelyk word met die Een wat van bo uit die hemel kom nie. Hy is in ’n klas van sy eie.

32. Hy praat met sekerheid oor wat Hy in die hemel gesien en gehoor het. Tog steur niemand hulle aan dit wat Hy met soveel oortuiging sê nie.

33. “Wie egter luister na wat Hy sê, bevestig daarmee dat God waar is en dat die waarheid van God af kom.

34. God het Hom gestuur om sy boodskap vir ons te bring. Die Seun kan dit doen, want God het die Gees aan Hom gegee sonder voorwaarde of beperking.

35. Die Vader het sy Seun lief en het alles aan Hom gegee. Daarom het die Seun beheer oor alles.

Johannes 3