10. laat my vrou dan vir ’n ander man kos maak. Of erger nog, laat ander mans by haar slaap.
11. As ek aan hierdie dinge skuldig is, is dit ’n skande. Dan moet ek gestraf word.
12. Dit is ’n vuur wat ’n mens verteer en jy eindig in die dood. Dit sal alles verwoes wat ek besit.
13. “Ek het nog altyd my werkers reg behandel. As hulle met ’n klagte of ’n probleem na my toe gekom het, het ek geluister.
14. Ek sou mos nie by God daarmee verby kon kom as ek dit nie gedoen het nie. Hoe sou ek myself by Hom kon verdedig as Hy my daaroor sou uitvra en ek skuldig was?
15. God het mos vir my en my werkers gemaak. Een en dieselfde God het ons almal gemaak.