Job 28:20-27 Die Boodskap (DB)

20. “Nou waar kom wysheid vandaan? Wat is die oorsprong van ‘verstaan’?

21. Dit is weggesteek vir die mense van die aarde. Hulle kan dit net nie sien nie. Dit is selfs vir die voëls in die lug weggesteek.

22. Ook die onderwêreld en die dood sê: ‘Ons het maar net ’n gerug daarvan gehoor.’

23. “Net God weet hoe ’n mens daarby kan uitkom en dit in die hande kan kry.

24. Want Hy kyk so ver as die einde van die aarde. Hy kan ook alles sien wat onder die hemel is.

25. Hy bepaal hoe sterk die wind sal waai. Hy sê ook presies hoe groot die see en riviere sal wees.

26. Hy maak reëls vir die reën en wys die pad vir die weerlig aan.

27. Toe Hy dit alles klaar gedoen het, het Hy wysheid raakgesien en gekyk wat sy werd is. Hy het wysheid deeglik ondersoek en haar toe goedgekeur.

Job 28