Job 15:7-14 Die Boodskap (DB)

7. “Jy maak of jy die eerste mens is wat ooit gebore is. Was jy dalk al hier nog voordat die heuwels gemaak is?

8. Het jy miskien in God se vergadering gesit en gehoor wat Hy alles beplan? Dink jy miskien dat net jy wysheid het?

9. Wat weet jy sodanig wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat ons nie verstaan nie?

10. By ons is mense wat al oud en grys is. Hulle is ouer as jou pa.

11. “Sê ’n bietjie vir my, Job, voel jy dat die troos wat die Here vir jou gee nie juis veel help nie? So ook nie sy mooi woorde vir jou nie?

12. Wat gaan in jou kop aan? Hoekom blits jou oë so?

13. Hoekom is jy so opstandig teen God? Hoekom sê jy sulke vreeslike dinge?

14. Kan ’n mens ooit sonder enige foute wees, sê my? Kan ’n gewone mens altyd reg doen?

Job 15