Jesaja 9:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die volk wat in verdrukking en donkerte moes leef, sien nou ’n helder lig. Waar daar ’n donker wolk oor hulle land gehang het, het die lig nou vir hulle deurgebreek.

2. Israel sal weer groot wees en sy mense sal lag en jubel soos in die oestyd. Hulle skree uitbundig van vreugde soos die soldate wanneer hulle die oorlogsbuit verdeel.

3. Want God sal die kettings waarmee sy volk vasgebind word en die swepe waarmee hulle geslaan word, stukkend breek, net soos Hy Midian se mag lank terug gebreek het.

4. Die skoene van die soldate wat die land binnegeval het en hulle bloedbevlekte uniforms sal met vuur verbrand word.

5. Daar is vir ons ’n Kind gebore! Dit is ’n Seun wat aan ons gegee is! Hy sal oor ons regeer en sy koninklike titels sal wees: Spesiale Raadsman, God wat sterk is, Ewige Vader, Koning van Vrede.

Jesaja 9