11. Jy kan vir My enige teken vra as bewys dat Ek my woord sal hou,” het die Here gesê. “Al is dit ook iets uit die doderyk of uit die hemel uit.”
12. Maar Agas het geweier. “Ek sal nie vir ’n teken vra nie,” het hy gesê, “ek sal nooit die Here so tart nie.”
13. Toe sê Jesaja: “Koning Agas, jy wat uit Dawid se nageslag kom, luister nou mooi: Is dit nie genoeg dat julle mense se geduld op die proef stel nie? Wil julle nou kyk hoe ver julle die Here se geduld ook kan beproef?
14. In elk geval, die Here sal self vir jou ’n teken gee: ’n jong vrou sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.
15. Hy sal net dikmelk en heuning hê om te eet totdat hy oud genoeg is om tussen reg en verkeerd te onderskei.
16. Maar nog voordat hy daardie ouderdom bereik, sal die lande van die twee konings vir wie jy nou so bang is, reeds in puin lê.
17. Nou, wat jou en jou volk en jou familie betref, die Here gaan julle laat swaarkry soos nog nooit tevore nie. Dit sal erger wees as toe die ryk in twee geskeur het, met Efraim aan die een kant en Juda aan die ander kant. Die Here gaan die koning van Assirië na julle toe stuur.