Jesaja 47:14-15 Die Boodskap (DB)

14. Sowaar, hulle is soos droë gras. Die vuur brand hulle weg. Hulle kan nie eens hulleself van die vlamme red nie. Hierdie is nie ’n vuur om mee te speel nie.

15. Die mense met wie jy jou ophou, met wie jy van jongs af te doen het, sal elkeen sy eie koers vat. Nie een van hulle gaan jou uit jou probleme uithelp nie.

Jesaja 47