1. Kom sit op die grond, Babel. Klim van jou troon af, stad van die Galdeërs. Jy gaan nie meer die pragtige stad wees waarheen almal graag wil kom nie.
2. Gaan maal saam met die slawe meel op die maalklip. Vat die sluier voor jou gesig weg. Lig jou rok tot bo jou knieë op sodat jy deur die riviere kan gaan.
3. Lig dit hoog genoeg op sodat almal jou lyf kan sien en vir jou kan lag. Ek gaan jou straf. Ek sal geen mens oorsien nie.
4. Die God wat ons bevry se Naam is die Here van die gevegsmagte. Hy is die hoë God van Israel.