Jesaja 22:13-18 Die Boodskap (DB)

13. Maar julle, wat doen julle? Julle dans en speel en slag beeste en skape vir die fees. “Kom ons eet en drink en wees vrolik,” sê julle, “want môre is ons dood!”

14. Die Here die Almagtige het persoonlik vir my gesê dat Hy hierdie sonde nooit sal vergewe so lank as wat julle leef nie. Dit het die Here die Almagtige gesê.

15. Die Here, die Almagtige, het my die opdrag gegee om Sebna, die paleisbestuurder, met die volgende boodskap te konfronteer:

16. Wie dink jy is jy? Wie het jou die reg gegee om vir jou ’n graf hier in die rotse te laat uitkap tussen die konings se grafte?

17. Jy mag dink jy is belangrik, maar die Here gaan jou gryp en jou uitskud soos ’n mens klere uitskud om ’n luis daaruit te kry.

18. Daarna sal die Here jou in ’n klein balletjie rol en jou ver weggooi tot in ’n droë, uitgestrekte land. Daar sal jy doodgaan en al jou pragtige koetse waarop jy so trots is, sal nutteloos en stukkend daar bly staan, want jy het jou koning in die skande gesteek.

Jesaja 22