4. want die Here het vir my gesê: Ek sal dinge eers rustig uit my blyplek dophou sonder om in te meng. Ongestoord soos die hittegolwe wat op ’n warm dag uit die grond uit opslaan, soos die mis wat in die somerhitte gedurende die nag in die boorde vorm as dit oestyd is en in die stilte van die môre oor die lande hang.
5. Etiopië sal soos ’n wingerd wees waarvan die bloeityd verby is en die druiwe al begin ryp word. Maar voor hulle kan vrugte dra, word die wingerdlote met ’n snoeimes afgesny en die ranke afgebreek en weggegooi.
6. Soos die afgebreekte takke sal die lyke van jou magtige leër net daar op die grond gelos word vir die roofvoëls uit die berge en die wilde diere om te vreet. In die somer sal die aasvoëls die vleis wegskeur en in die winter sal die wilde diere aan die bene lê en kou.
7. Maar daar kom ’n tyd wanneer die Here die Almagtige geskenke sal ontvang van hierdie lang mense met die blink vel wat in die land bly wat deur die riviere deurkruis word en vir wie almal bang is. Hulle sal die geskenke vir Hom Jerusalem toe bring, op daardie plek waar Hy gesê het Hy aanbid moet word.