1. Die Here se boodskap om Damaskus se straf aan te kondig: Damaskus gaan ophou om ’n stad te wees; al wat van die stad gaan oorbly, is ’n puinhoop.
2. Die dorpies van Aroër sal so verlate wees dat die kleinvee daar sal gaan lê en rus sonder dat iemand hulle verwilder.
3. Israel sal magteloos wees en Damaskus sal sy onafhanklikheid verloor. Die klompie Siriërs wat oorbly, sal net so hulpeloos wees soos die noordelike stamme wat nou in Israel woon, sê die Here die Almagtige.
4. Daardie dag sal Israel se mag tot niet gaan en sy rykdom sal in armoede verander.