Jesaja 10:21-25 Die Boodskap (DB)

21. ’n Klein groepie van die nageslag van Jakob sal na hulle magtige God toe terugkom.

22. Alhoewel die bevolking van Israel nou so baie is soos die sand van die see, sal net ’n klein groepie van hulle oorbly en terugkom na hulle land toe. Die Here het klaar besluit om hulle te vernietig en dit is hulle verdiende loon.

23. En dit wat die Here, die Almagtige, besluit het, doen Hy; Hy verander nie van plan nie.

24. Daarom, so sê die Here, die almagtige God, vir sy volk wat in Jerusalem woon: Moenie bang wees vir die Assiriërs nie, selfs al laat hulle julle swaarkry soos destyds toe julle slawe in Egipte was.

25. Dit sal nie te lank aanhou nie, en dan sal Ek al my woede op hulle uithaal en hulle vernietig.

Jesaja 10