Jeremia 43:7-11 Die Boodskap (DB)

7. Die mense het hulle nie gesteur aan wat die Here gesê het nie en het Egipte toe gegaan. Hulle het by die stad Tagpanges aangekom.

8. By Tagpanges het die Here weer met Jeremia gepraat. Hy het gesê:

9. “Gaan na die farao se paleis wat in Tagpanges is. Daar is ’n stuk plaveisel voor die ingang van die paleis. Vat ’n paar groot klippe en druk hulle in die klei wat tussen die stene van die plaveisel is. Maar doen dit so dat die mense van Juda jou sien as jy dit doen.

10. Sê dan vir die mense van Juda die Here wat die God van Israel is, sê: Julle kan julle klaarmaak, Ek gaan Nebukadnesar, die koning van Babel, hier na Egipte toe laat kom. Hy is in my diens. Ek sal hom sy troon laat neersit hier waar Ek hierdie klippe laat wegsteek het. Hy sal sy koninklike tent bo-oor die plek opslaan.

11. Nebukadnesar sal kom en Egipte aanval. Die mense se lot is reeds bepaal. Dié wat moet doodgaan, sal doodgaan. Die mense wat gevange geneem moet word, sal gevang word en dié wat deur geweld moet sterf, sal so sterf.

Jeremia 43