5. Die Here sê verder: “Daar kom ’n tyd wanneer Ek weer ’n koning wat regtig deel is van Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat almal in die land regverdig behandel word. Hy sal ook doen wat reg is.
6. Sy naam sal wees: ‘Die Here wat aan ons reg doen.’ Terwyl hy regeer, sal Juda vry wees van hulle vyande en Israel sal veilig voel.”
7. Die Here sê verder: “Mense sweer gewoonlik ’n eed en sê: ‘So waar as wat die Here lewe wat die mense van Israel uit Egipte laat kom het.’ Maar daar sal ’n tyd kom dat dit nie meer gebeur nie.