Jeremia 13:14-17 Die Boodskap (DB)

14. Soos kruike wat breek as hulle teen mekaar gestamp word, so sal Ek hulle teen mekaar stukkend stamp, ouers en kinders almal saam. Ek sal hulle nie spaar omdat Ek vir hulle jammer is of omdat Ek hulle genadig wil wees nie. Ek voel niks vir hulle nie, Ek sal hulle vernietig.”

15. Luister, gee ’n bietjie aandag! Moenie so arrogant wees nie, dit is die Here wat met julle gepraat het.

16. Gee aan die Here julle God eer voordat dit te laat is. Respekteer Hom voordat Hy dit vir julle donker maak. As dit skemer is, sal julle struikel en val op die donker berge. Julle sal wens dit word lig, maar Hy sal dit net al hoe donkerder maak totdat dit uiteindelik stikdonker is.

17. Maar as julle aanhou ongehoorsaam bly, sal ek eenkant gaan staan en huil oor julle so verwaand is. Ek sal bitterlik oor julle huil. Julle is nou wel die Here se volk, maar julle sal uit julle eie land na ander lande weggevat word.

Jeremia 13