9. Dan spog Efraim nog en sê: ‘Ek het ryk geword. Ek het ’n miljoenêr geword. Niemand kan ’n vinger na my wys nie. Niemand kan my beskuldig dat ek oneerlik was nie.’”
10. Die Here sê: “Ek is die Here. Ek is julle God. Ek het julle uit Egipte laat wegtrek. Ek sal julle weer in tente laat bly soos die tyd in die woestyn. Toe het Ek in my tent tussen julle gebly.
11. Ek het met julle gepraat deur my boodskappers. Ek het hulle baiekeer dinge in drome laat sien om julle te waarsku. Ek het boodskappers met julle laat praat. Hulle het vir julle alles verduidelik met die woordbeelde en vergelykings wat hulle gebruik het.