1. Ek is soos ’n veldblommetjie wat in Saron groei en soos ’n lelie in die vallei.
2. Tussen al die ander vroue is my vriendinnetjie soos ’n lelie tussen droë takke.
3. My vriend is ook anders. Hy is soos ’n appelboom in ’n bos. In sy skadu vind ek rus en sy vrugte is louter genot.
4. Hy het my na ’n feesplek toe gevat en almal kon sien hoe lief hy my het.
5. Ek is uitgeput van al die baie liefhê. Bring vir my rosyntjiebrood en appels, dat ek gou weer kan sterk word.
6. Sy linkerarm is onder my kop terwyl sy regterarm my vasdruk en omhels.