8. Die volgende dag het ons na Sesarea vertrek, waar ons ’n ruk lank by Filippus gebly het. Hy is een van die sewe mans wat vroeër daar in die Jerusalemgemeente gehelp het om die armes te versorg.
9. Hy het nou in Sesarea gebly, waar hy die goeie nuus oor Jesus verkondig het. Filippus het vier dogters gehad wat nog nie getroud was nie. God het aan hulle die gawe gegee om as profete op te tree en sy wil aan ander mense bekend te maak.
10. Terwyl ons by Filippus gebly het, het ’n profeet uit Judea met die naam Agabus ook daar aangekom.
11. Daar voor almal kom vat hy Paulus se belt en maak dit om sy hande en voete vas. Toe sê hy: “Luister wat die Heilige Gees vir julle sê: ‘Die man aan wie hierdie belt behoort, gaan op presies dieselfde manier in Jerusalem deur die Jode vasgebind word. Dan gaan hulle hom aan die Romeine uitlewer.’”